CC Eko-kermis & Durbanville Bergsig se Eko-ekspo

‘n Kerk basaar met ‘n groen krul? Eko-ekspo’s of Eco-kermisse is ‘n nuwe manier waarop kerke gemeenskappe bewus maak van verskillende ekologiese kwessies , asook die wye verskeidenheid maniere waarop mens vandag ‘n eko-vriendelike leefstyl kan handhaaf.

Alhoewel gelowiges bewus is van hulle verantwoordelikheid om na die aarde om te sien, verksyn daar steeds vraagtekens as dit kom oor hoe ons ons verbintenis tot aardesorg prakties kan uitleef. Daarom dat volhoubare, groen besighede hulle produkte by hierdie kermisse kom bekendstel – vanaf sonpanele en watertenks, tot by eko-vriendelike kosmetiese produkte en skoonmaakmiddels.

As daar een ding is wat ons groenes goed ken, is dit herwinning. Maar wie sou kon dink dat mens klimrame, stoele, speelgoedkiste en blompotte van herwinde material kan kry! Gee ‘n ou motorband ‘n tweede lewe, in die vorm van ‘n speelgoed kis. En dit is nie net plastiek en glas wat herwin word nie, ook hulpbronne soos water kan meer effektief benut word – soos met die handige  2-in-1 wasbaktoilet.

Hierdie geleenthede is egter nie net vir “groen” loerkopery nie, dit is ook ‘n geleentheid waarby gemeentelede kan leer oor die aardesorg inisiatiewe van organisasies soos WWF, Lucky Lucy, Princess Vlei Forum en SAFCEI

SAFCEI het by die eko-kermis in Christchurch Constantia die bevindings van hierdie kerk se energie en water oudit ten toon gestel – hierdeur kan mens sien hoe klein intervensies en gedragsveranderings ‘n groot verskil in jou beursie en jou voetspoor op hierdie aarde kan maak.

Hopelik steek die inisiatief van hierdie twee gemeentes ook ander geloofsgemeenskappe aan om groen-ekspo’s te hou, of selfs net hulle kermisse en basaars  eko-vriendelik in te rig.

By hierdie geleenthede vind mens bemoediging, sien mens dat om te sorg vir die aarde nie moeilik hoef te wees nie, en vind mens inspirasie om met dieper integriteit en groter harmonie ons lewens as deel van hierdie aarde te leef.

Share on Share on FacebookTweet about this on Twitter
Show Comments

Comments are closed.